Vleispyse, Skape en Beeste
Vleispryse styg van jaar vroeg. Dit terwyl SA ekonomie vrot is en dan is die virus ook nog hier om sake te bemoeilik. Die uitvoere van 2020 staan op ZERO.
Die vleispryse is ongelukkig nie goed teenoor internationale markte maar dit is weens die swak bestuur van SA regering en Landbou organisasies. Namibia en Australia vaar beter as SA.
Vleispryse per kg, BTW en vyfde kwart uitgesluit. Pryse elke Week
- Super______________________________R48.55
- A graad_________________________ ___R49.50
- B graad_____________________________R44.70
- C0/C1 graad________________________R38.00
- C2/C3 graad________________________R41,50
- Bulle____________________________ ___R42.75
Skaap:
- Skaap A /3__________________________R88.90
- Skaap AB 2/3_______________________R78.50
- Skaap B____________________________R68.27
- Skaap C 2/3_________________________R67.50
Hoe kan ek my vleispryse verhoog?
Boere kan baie doen om die pryse te verhoog. Eerstens kan jy kyk wat die mark van jou as Boer verwag. Kyk wat jy kan doen wat binne jou beheer is. Los items aan mense waaroor jy nie beheer kan uitoefen nie.
Kom ons kyk na paar items binne jou beheer;
- Boer met die ras wat die mark voor aanvra,
- Boer eerder met poena beeste want die uitslag persentasie is beter omdat die natuurlike poena diere minder bene bevat,
- Poena beeste beseer nie ander in die voerkraal nie, en dus is beter pryse tot jou voordeel,
- Natuurlike Poena beeste hoef nie gebrand te word nie wat arbeid, beserings en stress verminder,
- Sagte vleis met goeie marmering soos Bonsmara en Wagyu. (Of kruisings daarvan)
- Behou gehardheid en siekte weerstand in jou kudde op die plaas,
- boer met beeste wat getoets en beproef is op jou plaas en in die voerkraal,
- Sorg dat jou diere wat jy verkoop mooi en afgerond voorkom,
- Verseker dat jou bul jou kudde sal verbeter vir faktore soos hier genoem.
Vir Lewendige speenkalf pryse gaan hier: https://landbou.stigting.co.za
Vir meer oor die Hartland in SUIDELIKE Afrika gaan hier: https://hartland.website