Jeug,Tiener depressie en stress
Simptome van jeug Tiener depressie
Verandering in gedrag is die eerste tekens maar is dikwels moeilik om deur ouers waar geneem te word. Dit vererger na die gebruik van alkohol, rook, dwelms en selfs iets soos pyn pille.
Algemene lusteloosheid soos ontrekking. Hulle wil nie meer met ander speel nie. Hulle wil nie meer skool toe gaan nie en raak ongehoorsaam of selfs opstandig.
Hulle beseer hulself met brand wonde of sny hulself. Klap hulself in die gesig. Hulle kan nie slaap nie of kry nagmerries.
Oorsake
Jeug en tiener depressie of stress word dikwels veroorsaak deur ‘n gemeenskap wat nie stabiel is nie. Dit kan items wees soos;
#Ouers het geskei of is besig om te skei.
#Geweld by die ouer huis. Vloek beledig en skel taal.
#Trek na ‘n ander skool, of selfs land waar kinders nie kan aanpas. Selfs terug-trek kan problamaties wees.
#Boelie gedrag by die skool of verwerping deur vriende.
#Druk op tieners om te presteer in skoolwerk of sport.
#Druk op Tieners en slegte invloed soos bendes of kriminele asook
# Die totale wanbalans in ‘n gemeenskap soos politiek, rassisme en geweld wat lei na moord in die gemeenskap en vrees by Tieners.
Sekerlik kan daar nog items bygevoeg word maar ons moet reeds hier besef dat die jeug en kinders is nie die produk van die ouers nie, maar die totale gemeenskap.
Wat nou gemaak?
Bekragtig die gevoelens Wek vertroue en deel die hartseer, pyn wat die Tiener ervaar. Moenie die Tiener probeer reg praat nie want dit gaan nie help nie, Luister.
Laat die Tiener praat. Nie jy nie. Dis belangrik om ’n depressiewe tiener aan te moedig om hul hart oop te maak.
Stel dit duidelik dat jy bereid is om enige ondersteuning te bied wat die tiener mag benodig, Ook kan jy hulp kry waar jy nie self kan help nie.
Tieners voel niemand is instaat om hulle te help nie. Hulle soek na leierskap maar nie afmaak van hulle probleme nie.
Wees sagkens, maar aanhoudend. Dit is belangrik dat tieners weet daar is iemand wat vir hulle omgee.
Luister sonder om hulle af te maak as stupid. Weerstaan die versoeking om te kritiseer of te oordeel en moenie ongevraagde advies aanbied nie. Konsentreer op sy/haar behoeftes.
Wees vol begrip en onthou dat die tiener nie opsetlik moeilik is nie. Moedig hulle eerder aan om aktief te bly, want oefening help om die simptome van depressie te verlig.
Moedig sosiale betrokkenheid aan. Afsondering vererger depressie.
Moet nooit die skuld op die Tiener pak nie. Ouers moet besef dat die Tiener onskuldig is. Depressie word veroorsaak waar die Tiener voel hy/sy kan nie meer tred hou met sy omstandighede en kan dit nie meer hanteer nie.
Laat die Tiener self maklike en bereikbare doelwitte stel. Soos ander vriende help. Vriendelik te wees met vriende. Hulp aan te bied aan vriende. Te leer uit sy eie omstandighede.
Vertel die Tiener dat niemand perfek en volmaak is nie maar daar is altyd hulp.
Kry professionele hulp as jy nie vordering waarneem nie.
Wat doen die Hartland?
Die Hartland skep hoop, vertroue en riglyne. Die goeie tradisies van die verlede bou selfvertroue.
Geskiedenis is die wortels van die toekoms. Ons voorsate se geluk en prestasies bou die jeug se drome in praktyk.
As ons ouers, oupa en ouma suksesvol is, skep dit by die jeug vertroue om met dieselfde suksus die toekoms te pak. Om met durf en waagmoed voort te strewe.
Om met die regte leierskap, eerlikheid en vertroue die lewe te verryk na die dag van more. Dit gebeur nie oornag nie maar met jare word die Tiener se jeug omskep in vrede en voorspoed.
Die Tiener wil nie elke dag hoor van pyn en sleg nie. Die Tiener wil deel wees van die pragtige en mooi toekoms.
Die Hartland skep daardie toekoms sonder om volmaakheid te verwag. Volmaakheid is ‘n mooi strewe maar die Hartland se omgee aan sy mense, sy volk en die jeug se toekoms is sukses.
Die liefde van ons volk is waar ons almal vir mekaar omgee in liefde, geloof en vreugde
Lees hier meer oor die Hartland: https://hartland.website
Of lees meer oor hoekom die SAAI Stigting die Hartland steun: https://stigting.co.za