Bruin klere

Manne in bruin klere

Dis stil as die son sak na ‘n hittige sonnnige dag op Oshikango. Die verre noorde in Suid-wes waar die gedagtes strek na ons mense tot in die Suidelike Kaap. Die hartseer is groot want die eerste twee soldate is dood geskiet. Die sersant pak die seun se bruin klere in sy sak met sy Bybel bo.

Die mooi jong seun was maar sewentien. Tien jaar later kom vra sy mammie my, “was my seun dapper of ‘n lafaard?” Met vreugde kon ek antwoord: “Lafaards het nooit grens toe gegaan nie. Net die dapperstes het gegaan”.

Baie het nooit terug gekom. Hulle kon nooit die vreugde smaak van die vliegtuig wiele wat fluit op die aanloopbaan wanneer die in bruin soldate land. Die vreugde wat geen gelyke ken as jy veilig terug is. Daardie vreugde saam met ware vriende saam met wie jy jou lewe gewaag het.

Soldate in Bruin klere

Die grootste vrees van ‘n soldaat is om dood geskiet te word. Jy wil nie daaraan dink nie. Daardie selfde soldate wat die bruin klere gedra het vra vandag: “Waar is my Hartland? Waar is my kinders se toekoms?

Vandag kan ek antwoord: “Daardie selfde dapperstes wat die bruin klere gedra het skep vandag die Hartland.” Daardie staan saam wat die soldate geken het staan vandag weer saam. Nie om oorlog te maak nie, maar met wyse planne en seen van Jesus Christus skep ons weer ons Hartland.

Of jy nou ‘n blou berei of die springbok groen berei gedra het. Of jy nou daai bruin klere vir die soldate gepak het of vir hulle kos pakkies aangery het. Of jy nou die Mirage gevlieg het of die voet soldaat was wat jou sweet gestort het op die aarde vir ons volk.

Soldate wat bruin klere gedra het skep Hartland 

Kom staan saam vir die Hartland. Gewondes van vlees of in jou hart. Jy wat die bitter en soet van die lewe in Afrika ken. Kom staan saam vir die Hartland.

Ons sal lewe ons sal sterwe vir ons Hartland. Maak nie saak waar jy nou bly nie, daar waar jy is kan jy deel wees van die Hartland. Skep saam met ons ‘n toekoms vir jou kinders. Laat ons saam skep en regeer vir ons self en vir ons volk.

Binne die Hartland gaan ons ook ‘n Christelike monument bou tot eer van hulle wat nooit terug gekom het nie. Staan saam en sluit aan by die Hartland. Met jou kennis en liefde help ons jong mense lei. Kom wees deel van die toekoms.

Video

Die volgende video handel oor ons soldate in Bruin klere. In eerbied van baie wat nie terug gekom het was dit met groot respek en eer van die wat die stryd oorwin het. Wanneer die vliegtuig terug land in die “states” met die wat dit oorleef het was daar ongekende vreugde as die wiele die aanloopbaan tref.

Sulke vreugde kan nie in woorde beskryf word nie. Dit is met groot leemte dat die soldate nie meer ge-eer word nie. Die Hartland is die spreukbuis vir hierdie soldate en streef na vrede, liefde en voorspoed vir die kinders van Suidelike Afrika.

[Die sanger se naam het ons nie. Volgens die beste wete was hy van 1 SA Infanterie en het tydens ‘n sprong dood geval.]

Die Boere volk video

Die volgende video is lank en is op youtube. Dit handel oor die onderhandeling van Piet Retief met Dingaan om grond in KwaZulu-Natal te koop met beeste wat deur die Basotho’s gesteel was. Die beeste moes terug gevind word en aan Dingaan oorhandig word. Dit was gedoen en die traktaat is aan Piet Retief oorhandig.

Piet Retief en sy manskappe word egter vermoor asook sy laer. Bloedrivier volg en Dingaan word verslaan en verdryf.

https://www.youtube.com/watch?v=mgI_mSxQYNU&list=PLNnH_bLSilv2B9ybD0uKPMOHaiKKNs9RJ